DarkMisery public free theme by Infade.net - Webdesign ANGLERSHAVEN
SPESIE KARP HENGEL Deel4
Derek, Thursday 16 October 2008 - 09:03:00


Een van die eerste vrae wat seker nou op kom is wat het die voorbereiding van particles te doen met Carp Care ? Die antwoord hierop is heel eenvoudig dat indien jy nie jou grondvoer reg voorberei nie, jy net soveel skade aan die vis wat daaraan voer kan aanrig en selfs sy dood kan veroorsaak. Negentig persent van alle grondvoer wat deur spesie karp hengelaars gebruik word swel op in die water, en indien dit nie korrek voor berei is nie kan dit in die vis se maag opswel wat dan kan lei tot sy dood.

Ons gaan in die artikel kyk na Peanuts, Maples, Sade en Mielies. Hierdie is dan ook 'n goeie begin vir die voornemende spesie karp hengelaar en word steeds deur baie van die spesie hengelaars gebruik.

Vir die doel van die artikel gaan ons aanneem dat jy nie 'n druk koker gaan gebruik nie maar 'n gewone pot. Vir alle sade/neute wat ingelê word maak ons gebruik van water gekook in 'n ketel

Die metode soos onder beskryf word gebruik op al ons bestanddele.

Metode

Plaas die saad in 'n houer wat groot genoeg sal wees na die sade amper verdubbel in grote. Gooi nou die kook water uit die ketel oor die sade. Moet die water nie meer as ±1cm dieper as die sade gooi nie. Soos die sade die water in trek sal jy ongeveer elke 60min weer kook water byvoeg. Onthou om genoeg water by te voeg as jy gaan slaap. Ons maak gebruik van kookwater want dit maak die saad omhulsel sag en bespoedig die proses waar die sade/neute die water in trek

Peanuts

Teenoorgestelde van wat baie hengelaars dink, is hierdie een van die beste bestanddele in 'n grondvoermengsel, maar is sekerlik ook een van die gevaarlikste indien dit nie korrek voorberei word nie. Peanuts is ryk aan proteïene en is dus ook 'n goeie voedings bron sowel as lokmiddel vir karp. Daar sal aan die einde van die artikel mengsel hoeveelhede aangedui word.


Peanuts word ingelê vir 24 uur soos beskryf in die bogemelde metode. Gebruik nou dieselfde water waarin jy die neute laat le het, en gooi dit in 'n pot. Bring die water tot op kookpunt. Die natuurlike geur en smaak van die neute is wat jy wil behou so ons gaan geen geursels of kleursels byvoeg nie. Kook nou die neute vir 45 tot 60 min. Voeg water by gedurende die kook proses soos nodig. Jy moet die neut tussen jou vingers stukkend kan druk sonder moeite an dit afgekoel het. Die korrek voorbereide neut sal geen harde stukkies hê nie.


Maples

Maples word volgens die bogemelde metode ingelê, maar hoef slegs vir 12uur in stede van 24 uur in die water te lê. Kook die maples vir ongeveer 30min, en soos met die neute moet dit sonder moeite stukkend druk tussen jou vingers.


Gedurende die kook proses kan jy versoeter byvoeg. Versoeters is 'n puik lokmiddel vir karp. Vir die doel van die artikel gaan ons gebruik maak van Talin, wat 800 keer soeter is as suiker, en dit is beskikbaar op die Anglershaven Online winkel. Voeg slegs 2ml by vir elke kilogram maples wat gekook word.



Mielies

Mielies maak die grootste deel op van jou mengsel en duur ook die langste om voor te berei. Gebruik die inleg metode soos bo, maar instede van slegs 24uur, gaan jy die mielies in lê vir 48-72 uur. Na 24 uur moet jy reeds 'n swelling in die mielie saad kan opmerk. Indien nie, is die mielies van 'n swakker gehalte en is dit dus ook nie geskik vir karp nie.

Die mielies is ook die enigste ander deel van ons grondvoer waar ons versoeter gaan byvoeg, soos met die maples ongeveer 2ml Talin per 1kg mielies wat jy gaan kook. Gebruik weereens die water waarin jy die mielies gele het, en kook tot die pitte begin oop bars. As jy dit tussen jou vingers stukkend kan druk en daar geen harde stukkies oor is nie, is dit reg. Die kook proses kan tussen 90 en 120min neem.

Sade

Ons maak gebruik van 'n groot verskeidenheid sade, maar vir doel van die voornemende spesie karp hengelaar is die volgende voldoende.


By jou lokale dierewinkel sal jy 'n "Mixed Bird" saad mengsel kan aankoop. Hierdie mengsel bevat tussen 4 en 8 verskillende saad soorte en is meer as voldoende vir jou grondvoer mengsel.


Die ander saad, en beslis een van die belangrikste byvoegsels is hemp saad. Die olies wat vrygelaat word gedurende die kook proses, en terwyl dit op die dam bodem lê is 'n fantastiese lokmiddel vir karp.

Die sade word ingelê soos die metode bo beskryf en word dan gekook vir 40-60 min. Jy sal opmerk dat die hemp saad voorkom of dit ontkiem gedurende die kook proses. Hierdie is dan ook jou aanduiding dat die sade lank genoeg gekook het. Die wit stingeltjie wat by die hempsaad uitskiet gedurende die kook proses kom ook voor as 'n insek vir die vis en help dus dat hulle as te ware meer aggresief voer.


Onthou dat slegs die hemp en voël saad gedurende die kook proses gemeng kan word en dat al die ander sade/neute apart ingelê en gekook moet word. Probeer dat jy van meeste van die water gedurende die kook proses ontslae raak. Gooi die sade/neute in een groot houer soos dit klaar gekook is saam met die water wat oor is in die pot. Die water bevat baie van die natuurlike reuke en geure wat jy wil behou.

Om die particle mengsel vars te hou kan dit gevries word of 'n preserveermiddel kan bygevoeg word gedurende die kook proses.

Particle Mengsel

5 Kg Mielies
500g Maples
500g Peanuts
1Kg Gemengde Voël saad
500g Hemp Saad

Alle bestanddele is ook beskikbaar op die Anglershaven webwerf.

Hierdie is ook 'n puik mengsel as dit gemaal word, vir die hengelaar wat kompeterend hengelaar. Jy kan dit saam met die grondvoer van jou keuse meng. Dit kan ook gebruik word om "Bait Balls" te maak wat dan met 'n bait kettie ingeskiet of met 'n baiting spoon ingegooi kan word



Volgende uitgawe: Deel 5 - Stroppe : Wat is veilig en wat nie ?.



 9.7 - 8 votes 
Comments
caranx ignoblis 27 Aug : 08:49

Reply to this
Is this article available in english
malan13 06 Jul : 21:03

Reply to this
Naand ek is nuut met die spesie hengel en wil net graag weet, die water van die nuute die maples en die sade moet mens dit meng as jy dit als saam in een houer ingooi?

nog net een vraag oor kaboemielies,watse mielies gebruik mens en hoe berei mens dit voor net sso die mielies vir die voer?

dankie malan

You must be logged in to make comments on this site - please log in, or if you are not registered click here to signup
Support Our Advertisers
Search ANGLERSHAVEN
Website Chat
 
LUNAR PHASES
CURRENT MOON
Latest Comments
[Content] Combination Rigs part 2
Posted by baber on 08 Sep : 07:30
Dit moet lees. "Draai nou op m [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by baber on 07 Sep : 19:56
Wanneer ek die Blood Knot doen [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by Derek on 07 Sep : 18:23
Stefan if you can read this I [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by DOCKS on 06 Sep : 20:55
Nice one Stefan

[Content] Combination Rigs part 1
Posted by Stefan on 18 Aug : 07:51
The more I write, the more I c [more ...]

[Content] Combination Rigs part 1
Posted by baber on 14 Aug : 18:27
Ek onthou nog daai ou "braided [more ...]

[Content] South African Fresh Water Fish Spesies
Posted by Vleipadda on 12 Aug : 20:42
oops neglected to add this htt [more ...]

[Content] South African Fresh Water Fish Spesies
Posted by Vleipadda on 12 Aug : 20:39
There is at least 1 specie not [more ...]

[Blogs] Discovering a unpolished diamond
Posted by Derek on 10 Aug : 12:59
Hey Stef, any progress on this [more ...]

[Blogs] Groot Marico Dam
Posted by Derek on 10 Aug : 12:58
Hi Montythink this is somethin [more ...]

RSS Menu
Online
Guests: 8
Members: 1, CarpCrazy
On this page: 4
Members: 1223, Newest: ironman84
Welcome
Username:

Password:


Remember me

[ ]
[ ]
[ ]
Anglershaven Members Records
Angler : Sparky
Species : Kob
Weight : 11.93 Kg
Date Caught : 29/08/2010


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283271656_628_FT26947_104_.jpg


Angler : CarpCrazy (Jacques)
Species : Common Carp
Weight : 19.77 Kg
Date Caught : 09/10/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283764023_556_FT26947_sany0959_.jpg


Angler : The One (Sarel)
Species : Mirror Carp
Weight : 12.75 Kg
Date Caught : 24/09/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283318702_93_FT26947_sarel_12_75kg_1.jpg


Angler : Fox
Species : Zambezi Shark
Weight : 124 Kg
Date Caught : 25/12/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283331446_461_FT26947_s5000399.jpg


Angler : Deisel
Species : Baber
Weight : 18 Kg
Date Caught : 31/06/2006


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283591033_675_FT26947_10953_205076905705_660400705_3604175_5121139_n.jpg


Angler : Mark-SA
Species : Blue Kurper
Weight : 2 Kg
Date Caught : 14/08/2007


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283435365_23_FT26947_family_pictures_069_.jpg


Angler : Mark-SA
Species : Big Mouth Black Bass
Weight : 600 gr
Date Caught : 26/04/2007


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283435611_23_FT26947_dsc00589.jpg


Angler : Deisel
Species : Black Tip Shark
Weight : 129 Kg
Date Caught : 31/06/2006


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283591172_675_FT26947_big_shark_2.jpg