DarkMisery public free theme by Infade.net - Webdesign ANGLERSHAVEN
SPESIE KARP HENGEL Deel 3

DEEL 3 - Die neem van fotos en die gebruik van
karpsakke.

Die Korrekte Manier :

Op hierdie fotos is daar geen obstruksies op die voor of agtergrond, die vingers is om die vinne, en koppe is effe na bo gelig; een elmboog op knie en oor onthoekmat

In die eerste foto sien ons die karp korrek vas gehou, maar die hengelaar het brille op wat aandag weg trek vanaf die karp. In die tweede foto is daar 'n mooi agtergrond maar die agterste vin is nie tussen die vingers nie en die kop is ook nie eefe gelig na bo nie.

Lieflikke spesie, maar emmer in foto en albei knië in lig wat balans vermoeilik

Almal van ons wat die spesie karphengel faset toepas het een of twee fotos waarmee ons nie gelukkig is nie, wat ons bitter graag sou wou oor neem, maar kan nie. So in die uitgawe gaan ons kyk wat kan jy as spesie karphengelaar doen om daai perfekte foto te neem.

Gemengde gevoelens oor die gebruik van karpsakke kom voor onder spesie karp hengelaars, maar korrek gebruik sal dit die karp geen skade aan doen nie.

Punte van belang met die gebruik van 'n karpsak :-

  1. Moet nooit meer as een vis in die sak plaas nie.
  2. Maak seker die sak is deeglik ge-anker, jy wil nie hê die karp moet weg swem met hom nie. Dit sal die karp se dood beteken.
  3. Die sak moet nie geskeur wees nie. Die skeure kan veroorsaak dat die karp se vin bene vashaak en beskadig word.
  4. Die sak moet in minstens 500mm water geplaas word en moet nooit plat op die bodem lê nie. Hoe dieper hoe beter.
  5. Karpsakke moet nie gesien word as 'n hou net nie, dit is slegs om die karp vir 'n kort tydperk te hou.

Ons gebruik hoofsaaklik die karpsak as daar 'n karp gedurende die nag gevang word, en ons eerder die foto van die vis in die dag wil neem. Dit is veral van toepassing waar jy op jou persoonlike beste verbeter het. Karpsakke kom handig hier te pas in, en as jy die bo genoemde riglyne volg, doen dit die karp geen skade aan nie. Ek persoonlik gebruik ook die karpsak om soms net die adrenalien vlakke eers bietjie te verlaag nadat ??n mooi karp geland is. Karpsakke is beskikbaar by alle goeie hengel
winkels en kan ook deur die Anglershaven Online hengel winkel bestel word

Nou is ons reg om die perfekte foto te neem so kom ons kyk na die volgende :-

  1. Maak seker jy het jou onthoek mat geplaas sodat jy 'n geskikte agtergrond het.
  2. Vermy mensgemaakte items soos asblikke omheinings huise ens in die agtergrond.
  3. Verwyder alle los staande items om jou soos die skepnet, die emmertjie wat gebruik was om die onthoekmat en die karp nat
    te maak.
  4. Is die hengelaar "presentable", hare netjies/gekam hande en gesig skoon ens.
  5. Vermy sonbrille, dit trek die aandag weg vanaf die karp

Noudat die korrekte toestande geskep is, met die karp se rugvin na jou, skuif jou hande in onder die vis. Die vin agter die kop wat na voor gaan wysmoet geplaas word tussen jou wys en middelvinger van die een hand en die agter vin met die ander hand. Met die karp steeds op die onthoek mat tilt hom nou sodat die kant van sy lyf in jou arms le met jou vingers in plek soos bo verduidelik. Ons gaan die karp in 'n posisie hou met sy kop effe hoër as sy stert. Op die manier verlig ons die druk op sy interne organe. Plaas een van jou elmboë op 'n knieg vir ondersteuning, met jou ander knieg plat op die grond.

Moet nie die karp weg van jou lyf af stoot om hom groter te laat voorkom as wat hy werklik is nie. Jy bluf niemand behalwe jou self nie. Nadat die fotos geneem is word die karp vrygelaat soos verduidelik in die vorige uitgawe in deel 2

Volgende uitgawe:
Deel 4 - Voorbereiding van "Particles".


 9.7 - 4 votes 

You must be logged in to make comments on this site - please log in, or if you are not registered click here to signup
Support Our Advertisers
Search ANGLERSHAVEN
Website Chat
 
LUNAR PHASES
CURRENT MOON
Latest Comments
[Content] Combination Rigs part 2
Posted by baber on 08 Sep : 07:30
Dit moet lees. "Draai nou op m [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by baber on 07 Sep : 19:56
Wanneer ek die Blood Knot doen [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by Derek on 07 Sep : 18:23
Stefan if you can read this I [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by DOCKS on 06 Sep : 20:55
Nice one Stefan

[Content] Combination Rigs part 1
Posted by Stefan on 18 Aug : 07:51
The more I write, the more I c [more ...]

[Content] Combination Rigs part 1
Posted by baber on 14 Aug : 18:27
Ek onthou nog daai ou "braided [more ...]

[Content] South African Fresh Water Fish Spesies
Posted by Vleipadda on 12 Aug : 20:42
oops neglected to add this htt [more ...]

[Content] South African Fresh Water Fish Spesies
Posted by Vleipadda on 12 Aug : 20:39
There is at least 1 specie not [more ...]

[Blogs] Discovering a unpolished diamond
Posted by Derek on 10 Aug : 12:59
Hey Stef, any progress on this [more ...]

[Blogs] Groot Marico Dam
Posted by Derek on 10 Aug : 12:58
Hi Montythink this is somethin [more ...]

RSS Menu
Online
Guests: 9
Members: 0
On this page: 3
Members: 1223, Newest: ironman84
Welcome
Username:

Password:


Remember me

[ ]
[ ]
[ ]
Anglershaven Members Records
Angler : Sparky
Species : Kob
Weight : 11.93 Kg
Date Caught : 29/08/2010


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283271656_628_FT26947_104_.jpg


Angler : CarpCrazy (Jacques)
Species : Common Carp
Weight : 19.77 Kg
Date Caught : 09/10/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283764023_556_FT26947_sany0959_.jpg


Angler : The One (Sarel)
Species : Mirror Carp
Weight : 12.75 Kg
Date Caught : 24/09/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283318702_93_FT26947_sarel_12_75kg_1.jpg


Angler : Fox
Species : Zambezi Shark
Weight : 124 Kg
Date Caught : 25/12/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283331446_461_FT26947_s5000399.jpg


Angler : Deisel
Species : Baber
Weight : 18 Kg
Date Caught : 31/06/2006


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283591033_675_FT26947_10953_205076905705_660400705_3604175_5121139_n.jpg


Angler : Mark-SA
Species : Blue Kurper
Weight : 2 Kg
Date Caught : 14/08/2007


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283435365_23_FT26947_family_pictures_069_.jpg


Angler : Mark-SA
Species : Big Mouth Black Bass
Weight : 600 gr
Date Caught : 26/04/2007


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283435611_23_FT26947_dsc00589.jpg


Angler : Deisel
Species : Black Tip Shark
Weight : 129 Kg
Date Caught : 31/06/2006


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283591172_675_FT26947_big_shark_2.jpg