DarkMisery public free theme by Infade.net - Webdesign ANGLERSHAVEN
SPESIE KARP HENGEL Deel 2
Derek, Thursday 04 September 2008 - 07:10:41

HOE OM DIE VIS TE SKEP, WEEG EN DAN WEER VRY TE LAAT

Lei die vis na
die net en sodra dit in die middel is, tel die net op.

(foto:
www.americancarpsociety.com)

As ons praat van "Carp Care" dink almal dit begin eers as die karp op die oewer is. Dit is nie die geval nie en word alreeds toegepas by die stroppe wat gebruik word in die Spesie Karphengel faset, maar ons sal meer op dit konsentreer wanneer ons spesie hengel stroppe bespreek.

Spesiale spesie skepnette, "onthoek matte", lang bek tangetjie, weeg sakke en Carp Clinic (antiseptiese middel) is van die belangrikste items wat enige werklike spesie karp hengelaar in sy arsenaal van toerusting sal he. Karpsakke en die neem van foto's is ook baie belangrik wanneer dit kom by "Carp Care" en omdat dit ekstensief behandel moet word sal dit eers in Deel 3 bespreek word.

Alhoewel die toerusting hoofsaaklik deur spesie hengelaars ge-

Verwyder die hoek voordat die karp uit die skepnet gehaal word.

bruik word, begin die gebruik daarvan ook al hoe meer opgemerk word onder konvensionele of meer bekende oewer hengelaars.

Kom ons kyk na die gebruik van die toerusting :

Met die skep van die vis word die skepnet in die water geplaas en so laag moontlik in die water gesak. Ons gaan nie in die water spring en die karp rondjaag om te skep nie, maar gaan hom eerder bring na die net toe. "Guide" die vis dan in die net in en sodra hy in die middel van die skep deel is lig die net op. Die ekstra lang arm op 'n spesie karp skepnet vergemaklik die proses. Die vis is nou geskep sonder om hom angsbevange te maak en kan in die net geneem word na die onthoek mat.

Met die onthoekmat onder die skepnet, lig die karp uit die net en skuif dan die skepnet weg.

Maak seker dat die onthoek mat te alle tye nat gehouword. Onthou om altyd 'n emmer vol water by die onthoek mat te hou. Die karp het 'n beskermde slymvlies lagie wat hom beskerm teen parasiete en siektes en droë hande en toerusting sal die lagie beskadig. Plaas die skepnet nou op die onthoek mat. Ons verwyder die hoek voordat ons die karp uit die skepnet haal, sodoende is die moontlikheid baie skraler dat jy hom kan beseer met jou hengel lyn. Om die hoek te verwyder maak ons gebruik van die lang bek tangetjie wat jou baie beter greep op die hoek gee. Moet nooit die hoek uit ruk nie, maar verwyder hom in die selfde rigting waarin hy geset het in die mond.

Lig die karp nou uit die net en skuif dan die skepnet uit onder die vis. Onthou om die karp nie te hoog te lig nie, want die moontlikheid bestaan altyd dat hy uit jou hande kan spring. Wees versigtig gedurende die proses en maak seker dat jou lyn en net nêrens aan die skubbe
of vin bene vashaak nie. Hierdie is nou die ideale geleentheid om jou fotos te neem. Doen dit ook oor die mat, op die manier het jy dan altyd die versekering dat indien jy beheer verloor oor die karp, sal hy op die mat val wat beserings tot 'n minimum sal hou.

Ondersoek nou die karp vir enige wonde wat hy moontlik opgedoen het en behandel hulle, en die wond waar die hoek geset het, met Carp Clinic. Dit help om genesing te bespoedig en verhoed dat enige infeksies in plek tree.

Plaas die weegsak tussen jou en die karp, sodat die weegsak se onderkant op die onthoek mat is. Nou kan jy die karp oortel, met die weegsak steeds tussen jou en die karp, en in die middel van die onderkant van die onthoek mat plaas. Op die manier het jy meer beheer oor die vis en hy bly steeds oor die onthoek mat. Die karp kan nou veilig geweeg word.

Om die karp vry te laat beweeg ons na kniediep water, met die karp steeds in die weegsak. Laat sak die weegsak nou in die water so ver moontlik en maak hom oop om die karp vry te laat. Dit is belangrik om die karp weg van die oewer te wys sodat hy nie weg swem in die verkeerde rigting en homself beseer nie. Indien hy nie op sy eie weg swem nie, neem hom tussen beide hande en stoot hom stadig na voor en agter om lugvloei oor sy kuwe te laat vloei wat die opneem van suurstof verbeter. Maak altyd seker dat die karp veilig weg swem en moet hom nooit net los en hoop hy swem maar weg nie.

'n Paar punte van uiterste belang is dat die vis en toerusting waarmee die karp hanteer word te alle tye nat gehou word en moet nooit maar nooit jou vingers of enige item in die karp se kuwe openinge plaas nie.

Twee hengelaars wat mekaar help om die karp veilig oor te skuif na die weegsak

Volgende uitgawe:
Deel 3 - Die neem van fotos en gebruik van karpsakke.


 7.0 - 5 votes 

You must be logged in to make comments on this site - please log in, or if you are not registered click here to signup
Support Our Advertisers
Search ANGLERSHAVEN
LUNAR PHASES
CURRENT MOON
Latest Comments
[Blogs] Sneaky little buggers
Posted by Stefan on 09 Sep : 12:39
Thanks Derek

[Blogs] Sneaky little buggers
Posted by Derek on 08 Sep : 19:18
Congrats on that first one on [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by baber on 08 Sep : 07:30
Dit moet lees. "Draai nou op m [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by baber on 07 Sep : 19:56
Wanneer ek die Blood Knot doen [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by Derek on 07 Sep : 18:23
Stefan if you can read this I [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by DOCKS on 06 Sep : 20:55
Nice one Stefan

[Content] Combination Rigs part 1
Posted by Stefan on 18 Aug : 07:51
The more I write, the more I c [more ...]

[Content] Combination Rigs part 1
Posted by baber on 14 Aug : 18:27
Ek onthou nog daai ou "braided [more ...]

[Content] South African Fresh Water Fish Spesies
Posted by Vleipadda on 12 Aug : 20:42
oops neglected to add this htt [more ...]

[Content] South African Fresh Water Fish Spesies
Posted by Vleipadda on 12 Aug : 20:39
There is at least 1 specie not [more ...]

RSS Menu
Online
Guests: 9
Members: 0
On this page: 2
Members: 1224, Newest: speciWHOAman
Welcome
Username:

Password:


Remember me

[ ]
[ ]
[ ]
Anglershaven Members Records
Angler : Sparky
Species : Kob
Weight : 11.93 Kg
Date Caught : 29/08/2010


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283271656_628_FT26947_104_.jpg


Angler : CarpCrazy (Jacques)
Species : Common Carp
Weight : 19.77 Kg
Date Caught : 09/10/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283764023_556_FT26947_sany0959_.jpg


Angler : The One (Sarel)
Species : Mirror Carp
Weight : 12.75 Kg
Date Caught : 24/09/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283318702_93_FT26947_sarel_12_75kg_1.jpg


Angler : Fox
Species : Zambezi Shark
Weight : 124 Kg
Date Caught : 25/12/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283331446_461_FT26947_s5000399.jpg


Angler : Deisel
Species : Baber
Weight : 18 Kg
Date Caught : 08/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283591033_675_FT26947_10953_205076905705_660400705_3604175_5121139_n.jpg


Angler : Mark-SA
Species : Blue Kurper
Weight : 2 Kg
Date Caught : 14/08/2007


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283435365_23_FT26947_family_pictures_069_.jpg


Angler : Mark-SA
Species : Big Mouth Black Bass
Weight : 600 gr
Date Caught : 26/04/2007


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283435611_23_FT26947_dsc00589.jpg


Angler : Deisel
Species : Black Tip Shark
Weight : 129 Kg
Date Caught : 01/2010


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283591172_675_FT26947_big_shark_2.jpg