DarkMisery public free theme by Infade.net - Webdesign ANGLERSHAVEN
Publications
Derek, Sunday 29 June 2008 - 10:02:21

SPESIE KARP HENGEL
deur Derek Turner*

DEEL 1: Dit Gaan Oor Etiek

Met die groei van die Spesiehengelfaset in Suid-Afrika word dit daagliks meer opvallend dat daar 'n geweldige wanpersepsie bestaan onder hengelaars oor wie en wat 'n Spesiehengelaar is.

As ons kyk na die woord "spesie" beteken dit: 'n organisme of ,n deel van so 'n organisme wat a tipiese voorbeeld is van 'n spesifieke klassifikasie. In hengel terme dan is dit 'n voorbeeld van trofee-vis

So 'n hengelaar wat trofee karp teiken staan bekend as 'n "Spesie Karphengelaar", en dit is die faset wat ek dan ook sal behandel in volgende uitgawes.

Om 'n tigernut of boilie op 'n haarstrop te sit maak beslis nie van 'n hengelaar 'n spesiekarp hengelaar nie. Spesie karphengel gaan oor etiek. Etiek bepaal die respek wat die hengelaar vir sy vangste en omgewing het, en sy optrede langs die waters en teenoor mede hengelaars. Te veel sien ek onder die spesiehengelaars dat hulle medehengelaars, veral konvensionele oewerhengelaars, aanval oor hoe hulle hul vangste hanteer en oor hulle gedrag langs die water, maar nêrens sien ek dat die individue probeer om hulle kennis oor te dra aan die hengelaars wat hulle so kritiseer nie. Daar is wel 'n handvol toegeweide spesiehengelaars wat alles in hulle vermoë doen om inligting beskikbaar te stel aan mede hengelaars.

'n Spesie karphengelaar gaan elke sessie uit met een mikpunt, en dit is om sy "persoonlike beste", oftwel sy "PB", te verbeter, en of dit nou 10kg of 20kg is, is die doel dieselfde. Alle spesiehengelaars pas "CAR" toe, naamlik "Catch and Release", en dit is baie belangrik om te verstaan dat hierdie hengelaars die vis, maak nie saak van sy grootte of genus nie, te alle tye met groot respek hanteer. Daar word spesiale toerusting soos "unhooking mats", spesiale weegsakke, spesiale spesie-skepnette en anti-septiese middels aangekoop, om te verseker dat hy sy vangs so min moontlik skade aandoen. Die stroppe wat gebruik word is karp vriendelik en veilig. Alhoewel al die stappe en toerusting dalk oorbodig en duur klink, kan die toerusting teen billike pryse by enige deeglike hengelwinkel aangekoop word, en is dit toerusting wat ek self graag sal wil sien gebruik word onder konvensionele hengelaars.

Moet my ook nou nie verkeerd verstaan nie, ek sê nie plaas al die vis terug nie, maar matigheid is altyd van groot belang. Kyk na grootte - karp oor 8kg neem 'n gemiddeld van 6 tot 8 jaar om diê gewig te bereik, en in damme waar daar groot populasies vis is kan dit selfs nog langer neem. So gee ondersteuning aan die "CAR" program en laat vangste van 8kg en meer weer vry sodat ons kinders en kleinkinders ook eendag daardie "ou grote" kan vang. Verwyder slegs dit wat jy kan gebruik.

Hounette, veral diê wat van staal vervaardig word, is 'n groot euwil en doen die vis geweldige skade aan. Die spesie karphengelaar gebruik 'n spesiale karpsak indien die vangs vir 'n paar uur gehou wil word, soos byvoorbeeld as daar deur die nag vis geland word maar die fotos word die volgende oggend geneem, en indien die korrek gebruik word is skadeloos vir die vis.

Opsommend kan ek dus sê dat spesie karphengel nie net daaroor gaan om 'n groot vis te land nie, maar dit is ook oor gedrag, respek en liefde vir die sport en die spesie. So volgende keer as jy langs die dam sit, moet jouself nie opruk as 'n medehengelaar met jou praat oor hoe jy die vis behandel, of jou vra om daardie ou grote vry te laat nie.


Volgende uitgawe: Deel 2 - Hoe om die vis te skep, weeg en dan weer vry te laat.



 9.5 - 8 votes 

You must be logged in to make comments on this site - please log in, or if you are not registered click here to signup
Support Our Advertisers
Search ANGLERSHAVEN
Website Chat
 
LUNAR PHASES
CURRENT MOON
Latest Comments
[Content] Combination Rigs part 2
Posted by baber on 08 Sep : 07:30
Dit moet lees. "Draai nou op m [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by baber on 07 Sep : 19:56
Wanneer ek die Blood Knot doen [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by Derek on 07 Sep : 18:23
Stefan if you can read this I [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by DOCKS on 06 Sep : 20:55
Nice one Stefan

[Content] Combination Rigs part 1
Posted by Stefan on 18 Aug : 07:51
The more I write, the more I c [more ...]

[Content] Combination Rigs part 1
Posted by baber on 14 Aug : 18:27
Ek onthou nog daai ou "braided [more ...]

[Content] South African Fresh Water Fish Spesies
Posted by Vleipadda on 12 Aug : 20:42
oops neglected to add this htt [more ...]

[Content] South African Fresh Water Fish Spesies
Posted by Vleipadda on 12 Aug : 20:39
There is at least 1 specie not [more ...]

[Blogs] Discovering a unpolished diamond
Posted by Derek on 10 Aug : 12:59
Hey Stef, any progress on this [more ...]

[Blogs] Groot Marico Dam
Posted by Derek on 10 Aug : 12:58
Hi Montythink this is somethin [more ...]

RSS Menu
Online
Guests: 9
Members: 3, CarpCrazy ironman84 HennieB
On this page: 3
Members: 1223, Newest: ironman84
Welcome
Username:

Password:


Remember me

[ ]
[ ]
[ ]
Anglershaven Members Records
Angler : Sparky
Species : Kob
Weight : 11.93 Kg
Date Caught : 29/08/2010


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283271656_628_FT26947_104_.jpg


Angler : CarpCrazy (Jacques)
Species : Common Carp
Weight : 19.77 Kg
Date Caught : 09/10/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283764023_556_FT26947_sany0959_.jpg


Angler : The One (Sarel)
Species : Mirror Carp
Weight : 12.75 Kg
Date Caught : 24/09/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283318702_93_FT26947_sarel_12_75kg_1.jpg


Angler : Fox
Species : Zambezi Shark
Weight : 124 Kg
Date Caught : 25/12/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283331446_461_FT26947_s5000399.jpg


Angler : Deisel
Species : Baber
Weight : 18 Kg
Date Caught : 31/06/2006


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283591033_675_FT26947_10953_205076905705_660400705_3604175_5121139_n.jpg


Angler : Mark-SA
Species : Blue Kurper
Weight : 2 Kg
Date Caught : 14/08/2007


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283435365_23_FT26947_family_pictures_069_.jpg


Angler : Mark-SA
Species : Big Mouth Black Bass
Weight : 600 gr
Date Caught : 26/04/2007


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283435611_23_FT26947_dsc00589.jpg


Angler : Deisel
Species : Black Tip Shark
Weight : 129 Kg
Date Caught : 31/06/2006


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283591172_675_FT26947_big_shark_2.jpg