DarkMisery public free theme by Infade.net - Webdesign ANGLERSHAVEN
Ons week van PB's
Na 'n jaar se swak hengel en baie werk het ek en vroulief Estelle besluit om ordentlik te gaan hengel. Die teiken was om ons 2 jaarlange PB's te gaan verbeter. Albei ons vorige PB's kom uit Harties uit, myne 10.60 en Stella sin 7.3 Kg. Ons het 2 keuses gehad, Tzaneen dam of Donaldson. Na baie inligting wat ons op Anglershaven gekry het, het ons besluit op Donaldson. Wat 'n gesukkel was dit nie om n plek daar te kry nie, verskonings op verskonings en uiteintlik kry ek swem no 4. Aangesien ons nog nooit by die venue was nie moes ek weer n paar tips soek vir die swim. Dankie tog vir Anglershaven, wat ons goeie en waardevolle inligting verskaf het. Voorbereinings het begin en particles is gekook en so aan. n Dag voor vertrek besluit my kar se clutch plaat om te gaan “jis maar die duiwel is lustig”. Niks gaan ons keer nie en ek werk tot laat die aand om hom hom te herstel. 4 uur die oggend staan ons op en gooi die laaste goedjies in die sleepwa en vertrek na Donaldson. Langs die pad kry ons net reen en nogmaals reen maar ons kom ooreen niks gaan in ons pad staan nie.

Dag 1: Nadat die kamp in die reen opgeslaan is vat ek die kano en gaan loer hoe die oewer aan die oorkant van die dam lyk. Watergras net waar jy kyk tot so 30 meter van die kant af, ek sit my merker op n veilige distansie vanaf die gras in die water en laat Stella die goeie plekke merk van waar sy op die swim sit (ons gebruik 2 rigting radios). Elkeen het 4 stokke vir spesie hengel en 1 stok v papgooi voorberei. Was dit nie 'n moeilike besluit om te kies wat om op die hair te sit nie. Elke stok is gelaai met iets anders sodat ons kan kyk wat werk. Die dag begin fantasties vir Stella om 15h00 breek sy haar PB met haar eerste Karp en hy trek die skaal tot op 10.14 kg wat n begin, haar blydskap was oorwerldigind. My dag begin omtrent bad my eerste 2 verloor ek net voor die jetty een was op my papgooi stok, ek het die visse onderskat lyk dit vir my. Om 18h14 vang ek my eerte Donaldson vis wat die skaal op 13.42 Kg trek wat ook my nuwe PB is dis, omtrent n goeie afskop vir ons en wat n belewenis is dit nie. Verder deur die aand kry ons elkeen nog 2 en mis elkeen ook een.

Image: http://www.anglershaven.co.za/images/custom/mooi_10.14_640x480.jpg




Image: http://www.anglershaven.co.za/images/custom/13.42_640x480.jpg


Dag2 : was nie n goeie dag nie ek vang 2 Karps en mis 3, Stella blank vir die dag. Die vis byt baie swak ons weet nie wat aangaan nie en vang vir die volgende paar dae baie swak met n vis hier en daar. Wat n voorreg was dit toe ons Vrydag vir Coenie en Jaques aka “Carp Crazy” ontmoet, ons het lekker saam gekuier en mekaar beter leer ken. Deur die naweek was die dam overcrowded met mense wat sommer tussen die ander mense ingedruk het. Saterdag middag het die dam skielik opgestoot en feitlik almal het verspoel ons moes enkel diepte in die water braai.Ek dink baie mense het nat gaan slaap.

Image: http://www.anglershaven.co.za/images/custom/net_water_640x480.jpg




Image: http://www.anglershaven.co.za/images/custom/oorstroom_640x480.jpg


Sondag oggend het ek nuwe voer gaan uitgooi toe meeste mense begin oppak. Net na 23h00 het die aksie weer begin en ons is besig gehou tot 5 uur die oggend. Stella het haar PB om ongeveer 02h30 vanaf 10.14 Kg opgeskuif na 12.09 Kg. En met hoeveelheid het sy my gat weereens geskop.
Wat 'n week was dit nie 15 karps geland en 2 was bo 13Kg en 5 van hulle was bo 10 Kg Ons het 11 verloor. Nadat Coenie my gewys het wat verkeerd is met my rig het ons nie weer een vis gemis nie, kon hy nie maar vroër kom inspeksie hou het nie. Wys jou jy is nooit te oud om te leer nie veral nie vanaf sulke jong voortreflike hengelaars nie.
Dit was n wonderlike week by Donaldsons en ons volgende sesie word klaar beplan.

Image: http://www.anglershaven.co.za/images/custom/10.14kg_jys_myne_640x480.jpg


Willem




 6.0 - 1 vote 
Comments
Derek 07 Feb : 07:59

Reply to this
Wel gedaan Willem en stella. Werklik 'n paar prag vis wat daar geland was
baber 07 Feb : 13:42

Reply to this
Lekker... Julle maak my sommer jaloers...
GertR 07 Feb : 17:16

Reply to this
Lekker Willem en Stella.

Het die storie nou regtig baie geniet.
Dick 07 Feb : 17:52

Reply to this
Well done Willem and Stella you had a great session even if you lost alot of fish. Once again well done on the new PB's
Stefan 09 Feb : 17:44

Reply to this
Baie geluk julle twee, nou byt daai hengel gogge weer erg.
Vos 23 Feb : 08:57

Reply to this
Mooi so hulle twee en mooi so AH. As dit nie vir AH was nie sou ons nie so mooi mense kon ontmoet het nie.Mense wat om gee en ander wil help
Petoors 01 Mar : 21:08

Reply to this
Sjoe baie geluk julle,dit is pragtige vis wat julle geland het,dit maak op vir die wat losgekom het!Ek gaan die naweek donaldson toe,ry al die pad van Welkom af.Willem as dit moontelik is om die rig en aas wat jy gebruik het met my te deel sal ek baie bly wees

You must be logged in to make comments on this site - please log in, or if you are not registered click here to signup
Support Our Advertisers
Search ANGLERSHAVEN
Website Chat
 
LUNAR PHASES
CURRENT MOON
Latest Comments
[Content] Combination Rigs part 2
Posted by baber on 08 Sep : 07:30
Dit moet lees. "Draai nou op m [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by baber on 07 Sep : 19:56
Wanneer ek die Blood Knot doen [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by Derek on 07 Sep : 18:23
Stefan if you can read this I [more ...]

[Content] Combination Rigs part 2
Posted by DOCKS on 06 Sep : 20:55
Nice one Stefan

[Content] Combination Rigs part 1
Posted by Stefan on 18 Aug : 07:51
The more I write, the more I c [more ...]

[Content] Combination Rigs part 1
Posted by baber on 14 Aug : 18:27
Ek onthou nog daai ou "braided [more ...]

[Content] South African Fresh Water Fish Spesies
Posted by Vleipadda on 12 Aug : 20:42
oops neglected to add this htt [more ...]

[Content] South African Fresh Water Fish Spesies
Posted by Vleipadda on 12 Aug : 20:39
There is at least 1 specie not [more ...]

[Blogs] Discovering a unpolished diamond
Posted by Derek on 10 Aug : 12:59
Hey Stef, any progress on this [more ...]

[Blogs] Groot Marico Dam
Posted by Derek on 10 Aug : 12:58
Hi Montythink this is somethin [more ...]

RSS Menu
Online
Guests: 14
Members: 0
On this page: 1
Members: 1223, Newest: ironman84
Welcome
Username:

Password:


Remember me

[ ]
[ ]
[ ]
Anglershaven Members Records
Angler : Sparky
Species : Kob
Weight : 11.93 Kg
Date Caught : 29/08/2010


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283271656_628_FT26947_104_.jpg


Angler : CarpCrazy (Jacques)
Species : Common Carp
Weight : 19.77 Kg
Date Caught : 09/10/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283764023_556_FT26947_sany0959_.jpg


Angler : The One (Sarel)
Species : Mirror Carp
Weight : 12.75 Kg
Date Caught : 24/09/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283318702_93_FT26947_sarel_12_75kg_1.jpg


Angler : Fox
Species : Zambezi Shark
Weight : 124 Kg
Date Caught : 25/12/2009


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283331446_461_FT26947_s5000399.jpg


Angler : Deisel
Species : Baber
Weight : 18 Kg
Date Caught : 31/06/2006


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283591033_675_FT26947_10953_205076905705_660400705_3604175_5121139_n.jpg


Angler : Mark-SA
Species : Blue Kurper
Weight : 2 Kg
Date Caught : 14/08/2007


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283435365_23_FT26947_family_pictures_069_.jpg


Angler : Mark-SA
Species : Big Mouth Black Bass
Weight : 600 gr
Date Caught : 26/04/2007


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283435611_23_FT26947_dsc00589.jpg


Angler : Deisel
Species : Black Tip Shark
Weight : 129 Kg
Date Caught : 31/06/2006


Image: http://www.anglershaven.co.za/files/public/1283591172_675_FT26947_big_shark_2.jpg