Particle Voorbereiding - Deel4
Spesie Karp Hengel - Deel 4

Een van die eerste vrae wat seker nou op kom is wat het die voorbereiding van particles te doen met Carp Care ? Die antwoord hierop is heel eenvoudig dat indien jy nie jou grondvoer reg voorberei nie, jy net soveel skade aan die vis wat daaraan voer kan aanrig en selfs sy dood kan veroorsaak. Negentig persent van alle grondvoer wat deur spesie karp hengelaars gebruik word swel op in die water, en indien dit nie korrek voor berei is nie kan dit in die vis se maag opswel wat dan kan lei tot sy dood.
Ons gaan in die artikel kyk na Peanuts, Maples, Sade en Mielies. Hierdie is dan ook 'n goeie begin vir die voornemende spesie karp hengelaar en word steeds deur baie van die spesie hengelaars gebruik.
Vir die doel van die artikel gaan ons aanneem dat jy nie 'n druk koker gaan gebruik nie maar 'n gewone pot. Vir alle sade/neute wat ingelê word maak ons gebruik van water gekook in 'n ketel
Die metode soos onder beskryf word gebruik op al ons bestanddele.






