Ons Week Saam Carp Afrique
Ons Week Saam Carp Afrique

Wel ons het ons week beplan en die datums is vasgemaak. Die tydperk van ons sessie sal die week wees van die 20/06/2010 tot die 27/06/2010. Ons sou meer as twee gewees het maar toe draai dinge anders uit en van die ander ouens kon toe nie saam gaan nie. Beplanning was om vroeg te ry maar soos gewoonlik werk dinge anders uit.
Hier by die huis is die woonwa gepak en gehak vroeg Sondag oggend, "right" in die pad is ons nadat ons vol gemaak het met diesel en ietsie om te drink vir die pad. Wel ons het gery tot by Kraanskop Plaza voor ons weer iets vir die keel benodig het. Daar geld getrek vir die hek en terug op die pad tot by die hek, betaal en deur die hek oppad na die kamp waar ons vir die week sal staan.
Daar aangekom en die plek lyk maar min, volg die pad tot heel links al langs die mense af. Wel gelukkig sien ek die man pak op en hou stil. So paar woorde met hom gewissel en na die mense links van hom gestap. Gegroet en gehoor waar hul lyne loop, my gewys en ek is terug na my voertuig waar ek en my verloofde gewag het dat die mense kan kla oppak voor ons kan intrek. Lekker honger begin die gewag en vaar toe in die "chips" en koeldrank in. Maagies gevul op 'n manier en hier le ek skuins op die enkelbed voor in die woonwa. Nie lank gele nie hoor ek die man se motor start en neem die pad. Wel ek het die woonwa ingetrek en die kamp begin opslaan. Als was gereed voor enige lyne in die water gesit is, angstig is ek besig om die stokke gelaai en gedrop te kry. Wel dit is gedoen en het hul gaan drop, met die tweedelaaste een word ons benader met die mense met wie ek gaan praat het links van ons. Heel aangename mense en gesels asof jy hul al jare ken. Die lang wag het begin met ses stokke tussen my en Lezelle. Please login or register to see the full article.







