En Toe Breek Die Naweek Uiteindelik Aan
En Toe Breek Die Naweek Uiteindelik Aan
Ons gaan vis vang "of hengel" of wat jy dit ook al wil noem ons ' sommer ons gaan dam toe. Hendrik se dam toe. Hy het vroër in die week gebel en gesê die dam het water gekry. Hy weet nie hoeveel nie maar hy kan bo van die huis se kant af sien die dam het water gekry.
Heel pad dam toe is dit die middelpunt van bespreking tussen my en Grumpy. Hoeveel water het die dam gekry. Waar gaan ons kamp as die dam so vol is. Sal ons ons gewone staan plek moet skuif? Wie weet. Ons kan nie wag om daar te kom nie. Ons stop nie eens vir ons gebruiklike halfpad koppie koffie nie. Ek glo nie die die dam het so baie water gekry nie, en dis nie omdat ek 'n kenner is nie, dis net omdat ek bang is vir die teleurstelling as ons daar kom en die water het regtig net met 'n poep en 'n hik gestyg.
Maar mens, wat ,n gesig! Toe ons uiteindelik
Please login or register to see the full article.







